Gunsteling treffers van kunstenaars soos Ray Dylan, Gerhard Steyn, Bok Van Blerk, Dozi, Steve Hofmeyer, Lianie May, Kurt Darren, Pieter Koen, Eden, Nicholas Louw, Bobby Van Jaarsveld, Juanita Du Plessis, Freddie Nest, Karen Zoid en Die Campbells.
Ons kyk ook terug na die groot Afrikaanse legendes wat die fondasie is vir vandag se Afrikaanse musiek, soos Anton Goosen, David Kramer, Sonja Herholdt, Johannes Kerkorrel, Jannie Moolman, Laurika Rauch en Lize Beekman.
Onlangse gunstelinge waarna uitgesien kan word sluit in Baby Tjoklits, Hokaai Stop Die Lorrie, Skud Jou Biscuit, Kaptein, Jessica, 54 5de Straat, Soen My Nie Meer Nie, Toe Stop My Hart, Aan Jou Vas, Mengelmoeskardoes, Drie Pikkewyne en Spieeltjie, onder andere.
Al le Die Berge Nog So Blou, Lisa Se Klavier, Halala Afrika, Hemel op Tafelberg, Ou Ryperd en Kinders Van Die Wind is n paar van die ouer bekende treffers wat ook in die program ingesluit is.
Kaartjies is beskikbaar deur Computicket en kos tussen R70 en R110