Die G-sleutel Kermis

19 October 2019 - 19 October 2019
Die G-sleutel Kermis

Kragga Kamma Voortrekkerkommando hou hul jaarlikse kermis op 19 Oktober 2019. Hierdie kermis beloof om die term ‘kermis’ ‘n nuwe ‘wysie’ te gee. Die naam, Die G-sleutel Kermis, verklap die geheim asook die leuse: “…want gee ontsluit menswees”! Die G-sleutel simboliseer ‘gee’ en deur te gee van jouself ontsluit jy juis gelukkige menswees.

Die Kermis het eerstens ten doel om mense bymekaar te bring. Die kermis word gehou in samewerking met die FAK, Cantando@Algoa en Akademia. So smee ons bande met ander organisasies, neem hande en werk saam om mense weer die lekker in die lewe te laat ervaar. Ons bring ook gesinne bymekaar om deel te hê aan ‘n feestelike gevoel, weg van elke dag se gejaag.

 Die kermis het tweedens ten doel om almal in Port Elizabeth en omgewing weer aan die sing te kry. Vanaf 10:30 tot 12:00 volg ‘n opwindende program van samesang. Ons gaan ou bekende liedere sing uit die FAK. Hieronder is liedere soos Sarie Marais, Hasie, Daar kom die Alibama en Suikerbossie.Verskeie orkeste en talentvolle musikante gaan die sang begelei en self ook items lewer. ‘n Regte egte opvoubare traporreltjie, saag en trekklavier is maar net ‘n paar van die opwindende instrumente wat te sien en te hoor is vir die dag.

Derdens is ten doel om kinders weer te laat speel. Van kettie-skiet, 5 groot springkasteel-variasies, glans/skitter kindertattoëring, diereballonne, ‘n treintjie, verfbalskiet, trapkarre en nog vele meer gaan kinderharte vermaak.

Natuurlik is die tradisionele wenners van elke kermis ook beskikbaar. Dink byvoorbeeld aan pannekoek, boepensbroodjies (jaffels), worsrolle, lekker tuisgebak, roomys, en natuurlik koffie.

 Dr Rina Venter, skrywer van “’n Stukkie van die legkaart…” se boekbekendstelling vind ook plaas vanaf 9:30 in ons eie kermis teetuin.

Kom beleef ‘n wêreld van musiek en gelukkige menswees, 19 Oktober 2019 te Broadwaylaan, Sunridge Park.

 



Opening Times
09h30

Contact Details

Contact Person: Nelmari Oosthuysen
Telephone: 082 770 9994
Email: nelnet@telkomsa.net

Where

Venue: Kragga Kamma Voortrekkersentrum
Event Address: Broadwaylaan,
Sunridge Park.

MAP

Latitude : -33° 57' 12.83" S | Longitude : 25° 32' 21.11" E