Die Vagina Monoloë

Please Note: This event has already taken place. Please check our events list for current events.
20 April 2012 - 20 April 2012
“Die Vagina Monoloë is ‘n briljante vertaling en lokalisering van ‘n uitmuntende verhoogstuk. En dié plaaslike produksie spog met drie hoogs talentvolle akteurs wat elke nuanse net reg verstaan en vertolk.

Dit is volwasse, intelligente vermaak wat jou laat lag, huil en bowenal diep laat dink.” - Deon Meyer, skrywer Gé Korsten, Omo, Wilson-toffies, Wat Elke Meisie Moet Weet en. . . “daar onder”.

Alles eg Afrikaans. En nou word Eve Ensler se wêreldbekende The Vagina Monologues ook huis toe gebring en in Afrikaans aangebied! Die essensie van die toneelstuk is vroulikheid in al haar fasette. En deur middel van eg Suid-Afrikaanse karakters (van Waterkloof tot Mitchells Plein) gee Die Vagina Monoloë ’n stem aan vroue (en mans!) se – geheime en onderdrukte- vrese en fantasieë. Tot wysheid en geluk en hartseer. En ja, natuurlik ook tot seksualiteit, want saam met seksualiteit, kom ook weerloosheid . . .

Met Antoinette Louw (Nag, Ma, Dis ek, Anna; Die proponentjie; 7de Laan), Fiesta-genomeerde Lulu Botha (Griera kry geleerheid; Die proponentjie; Paloekas) en Simone Biscombe (Villa Rosa; Kaapse Kabaret). Waar? de Dutch Casanova, Moffet on Main, Lifestyle Centre. Wanneer? 20 April 2012 Tyd: 20:00 (etes vooraf beskikbaar) Koste: R90 pp Beskikbaar by Hellen van Westway Kafee. 041 365 0217 Sien jou daar!

Met: Antoinette Louw, Lulu Botha en Simone Biscombe Vertaling en verwerking: Antoinette Louw Vervaardiger: Antoinette Louw Waarnemende vervaardiger: Deon Opperman Regie: Nanine Wessels Ouderdom: GEEN o/18 Lengte van produksie: 60 min

Contact Details

Contact Person: Hellen
Telephone: 041 365 0217
Website: http://www.facebook.com/#!/events/197502263693286/
Email: riaanhanekom@hotmail.com

Where

Venue: de Dutch Casanova, Moffet on Main. Lifestyle Centre
Event Address: Moffet on Main, Lifestyle Centre
Please Note: This event has already taken place. Please check our events list for current events.