Ian Wessels van RSG se: Ek's anoniem!
02 March 2013 - 02 March 2013
In sy nuwe komedie, Ek's Anoniem, ek sê! hou Ian Wessels van RSG sy lyf Anoniem en bekyk 'n klompie sulke situasies by die werk, in die mall, op lughawens, in die fliek en by die huis. Wat sou jy vir jou vrou gesê het as jy dit anoniem kon doen, of sal dit lei tot 'n huweliksverduistering? Ian vat ook Anoniem se spoor op soek na liefde - van destyds se Hoekie vir Eensames tot by vandag s'n - Facebook natuurlik! En net om seker te maak jy lag oopbek, doen hy ook die leeuloop, 'n bietjie ballet en 'n stukkie tango - alles anoniem natuurlik!
Ian kuier op Saterdag 2 Maart by The Music kitchen in Newtonpark met Ek's Anoniem ek sê! Bespreek jou 75 minute se lekker lagterapie by Hellen op 041 365 0217.
Kaartjies R100 pp.
Stuur asb aan vir jou vriende en kom lag saam!
Contact Details
| Contact Person: | Hellen |
| Telephone: | 041 365 0217 |
| Cellphone: | 0824873118 |
| Email: | riaanhanekom@hotmail.com |
Where
| Venue: | The Music Kitchen |
| Event Address: | Mangoldstraat 69, Newton Park |















Please wait!