Kaleidoskoop LIVE in PE!
02 August 2013 - 02 August 2013
Kaartjies beskikbaar by Hellen teen R100 pp. 041 365 0217
Kaleidoskoop het onlangs 'n Tempo-toekenning gewen vir Beste Kontemporêre Album. Hulle was saam met Nianell, Coenie de Villiers, Karen Zoid, Romanz en Jak de Priester genomineer in hierdie kategorie.
Hulle is ook benoem vir beste nuweling en beste kontemporêre album by die Ghoema's. Hul is in laasgenoemde kategorie genomineer saam met Heuwels Fantasties, Juanita du Plessis & Theuns Jordaan, Adam en Vuurwerke.
"Kaleidoskoop is 'n Afrikaanse musiekgroep wat hul musiek uit 'n positiewe, dog realistiese oogpunt komponeer....'n broodnodige
boodskap van hoop. Met kleurryke harmonieë en skerp poliritmiese akoestiese instrumente neem Kaleidoskoop 'n hele spektrum van
musiekvorme aan. Soos die suggestie in hulle naam weerspieël, laat Kaleidoskoop jou deur hul Afrikaanse musiek anders na die kleure
van liefde, menswees en die lewe kyk...kom kyk saam met hulle deur die Kaleidoskoop!"
Contact Details
| Contact Person: | Hellen |
| Telephone: | 041 365 0217 |
| Cellphone: | 0824873118 |
Where
| Venue: | The Music Kitchen |
| Event Address: | 69 Mangold Street, Newton Park |















Please wait!