Lianie May kom vier haar nuwe album in die Baai Woensdagaand (17 Nov) by Uptown met al haar treffers! Haar langverwagte nuwe album is hier en dit beloof om alle verwagtinge te oortref. Lianie se vorige album was `n wegholsukses en het die Sama-toekenning gewen in die gesogte kategorie TOPVERKOPER VAN DIE JAAR. Die nuwe album volg warm in die voetspore van die country/pop-genre waarin hierdie talentvolle sangeres haar debuut op VERGEET MY NIE (waarvan meer as 120 000 eenhede verkoop is), gemaak het. Die nuwe album is weer propvol liedjies wat besliste treffers gaan wees! BOEREMEISIE gaan sonder twyfel Lianie se reputasie as een van die grootste name in Suid-Afrikaanse musiek bevestig! Lianie tree Woensdagaand in die Baai op in die mooi en uniek Chaplin Teater by Uptown in Park Drive, oorkant St. George’s Krieket Stadion. Kom geniet al die nuwe en vorige treffers! Woensdag 17 Nov om 19:30 Kaarjies is R100 en is beskikbaar by Uptown of bespreek gerus op 041 582 1428 / 084 405 8025. Gaste wat by tafels bespreek mag gerus verversings bring om te geniet.