Akkoord insamewerking met BayFm 107.9 bring jou...Loslippig! Ian kom kuier voor hy KKNK toe gaan. Ons sien uit om hom weer by ons te hê. Luisteraars na Loslip, Ian Wessels se geselsprogram op RSG, maak daagliks opmerkings soos: "Jou laggie is só aansteeklik, ek kan nie wag om 2uur by die radio uit te kom vir my daaglikse dosis nie! Jy kyk net anders na die lewe. Dankie, jy is regtig 'n tonikum." Ian lag egter die komplimente af. "Dis altyd lekker om te hoor, maar dis maar wie ek is. Mense het my nog altyd gefassineer. Al verskil ons almal, het ek nog nooit iemand ontmoet wat nie van lag hou nie." Loslippig, dra dieselfde titel as Ian se boek wat onlangs verskyn het, maar is geheel en al nuut. In sy eerste eenmanvertoning gee hy 'n humoristiese, loslip-kykie in die spieël van menswees. Hy skerpskerts aan die hand van pick-up lines, wynproe, die Afrikaans wat ons praat en die musiek waarna ons luister, oor hoe verskillend mense van die bodorp en die onderdorp die lewe benader. Hoewel “tipiese luisteraars” wel ter sprake kom, sal Loslippig die lagspiere van nie-luisteraars ook onbehoorlik prikkel! Dit bied egter ook heelwat stof tot nadenke - veral vir hulle wat so bekommerd is oor "wat sal die mense sê?" Dalk is dit juis die oorsaak van so baie onnodige stres.. Kom ontvlug dus 60 minute van die lewe se donker kant met Loslippig se lagterapie op Saterdag, 31 Maart, vanjaar saam met die Akkoordspan: Lekker lag op 'n ander noot! Waar: De Dutch Casanova, Moffet on Main Lifestyle Centre. Wanneer: 31 Maart (Saterdag) Hoelaat: 20:30. Etes beskikbaar vooraf. Kaartjies: Beskikbaar by Hellen by Westway Kafee 041 365 0217 teen R100 per persoon. Vir meer inligting skakel Riaan Hanekom. 084 513 0939 Loslippig word aangebied deur RSG en Rapport en ondersteun deur Slanghoek Kelder. Teks: Ian Wessels Regie: Margit Meyer-Rödenbeck