Hier is sy eerste solo-album, Afrikaans vir altyd, met twintig Afrikaanse partytjie treffers van toeka se tyd! Ek wou sommer daardie liedjies waarop ons oeroumas en –oupas wild geraak en mekaar vuurwarm gevry het, almal op een album bymekaar sit.” Die resultaat is lagtapgenot! Jy sal maar jou passies moet ken as jy nie bene en ander goete wil knoop op die maat van sy boereplaas-rave en malmeester-moves nie! Hy toer die hele land deur met sy Afrikaans vir altyd-vertoning en ook in Port Elizabeth hierdie week! Rek daai oë vir dié groen bosveldboom, maak ‘n merkie op jou rooster en borsel tog jou tande - want lag gaan jy lag! Marula Boom belowe: "Dis ‘n wakker vertoning! Nie een van daardie vertonings waar jy in die agterste ry slaap gaan kan inhaal nie. Behalwe as jy graag in jou slaap wil dans! Ek spoeg nie meer so baie wanneer ek sing nie: mense hoef nie meer bang te wees om kaartjies vir die voorste ry te koop nie. Ek voel soos ‘n rubberbal wat buite beheer geraak het en kan nie wag om vir die Oos Kaap te kom optree nie." ‘n Paar van die lekker liedjies om na uit te sien is Drie pikkewyne, ‘n Hoender wat ‘n eier nie kan lê , Ou Ryperd, Royal Hotel, Harlekyn, Blommetjie gedenk aan my, So Ry die boere, Môre Oompie, More Tannie, Dis julle wat die wind, Daar kom die wa, Liewe Lulu, Sproetjies, Tussen my en jou, Rooirokbokkie, Stoksielalleen, Pers kombers en vele meer! “Julle gaan lekker sing en lag,” se Marula! “As daar vanjaar gepaartie word, paartie jy met die wortels, takke en sap van Marula Boom!” Datum: Saterdag, 13 November 2010 om 20:00 Kaartjies: R50 pp Besprekings: Uptown / Telefonies 041 582 1428 / 582 1994 / 084 405 8025