Oos-Kapenaars kan hierdie feesseisoen lag-lag afskop wanneer Ray Cooney se Funny Money, meesterlik in Afrikaans vertaal deur Peet van Rensburg as My Vrou se Man se Lyk se Tas en onder die regie van Suid-Afrika se klugkoning Frans Swart, die Port Elizabeth Operahuis besoek. My Vrou se Man se Lyk se Tas is vanaf 10 tot 15 Desember daar op die planke, en besprekings kan by Computicket gedoen word deur 0861 915 8000 te skakel, of op die webwerf www.computicket.com. Groepe van 10 of meer kry oudergewoonte ‘n lekker afslag deur Lefra Produksies te skakel by 011 815 3000 of stuur ‘n e-pos aan admin@lefra.com. Ons stel ook vertonings by die bogenoemde venues beskikbaar aan organisasies wat dit wil gebruik as fondsinsamelingsprojek. Belangstellendes kan Charl Senekal kontak by die bogenoemde nommer, of ‘n e-pos stuur aan marketing@lefra.com. Vir meer inligting, besoek www.lefra.com of www.myvrou.co.za.