Obed Produksies bied ‘Plek van die Hoofskedel’ in die nuwe Artuo Teatro aan in Richmond Hill op die hoek van Glen en Richmond Park laan. Die teks is deur Danie Matthee geskryf vertel die oubekende Paasverhaal van Jesus se lyding, op ‘n nuwe manier. Nagel Meyburg en Andrè Reyneke behartig die musiek, met Kareen Breytenbach wat vir die choreografie sorg.Vertonings begin elke aand om 19:00 maar op Saterdag 16 April is daar net ‘n middagvertoning om 14:00 en nie ‘n aandvertoning nie. Toegang is gratis, maar ‘n kollekte sal opgeneem word. Vir meer inligting kontak Danie by 082 876 9015.