Riviermondsterfees Colchester
26 November 2011 - 27 November 2011
Vermaak uit die boonste rakke, watersport en gesinspret sal die orde van die dag wees. Terwyl die verhoog gaan gons met optredes van Zebra & Giraffe, Die Flooze, Heinz Winckler en vanjaar se top 2 Idols – om maar net ‘n paar hoogtepunte te noem – gaan die water behoorlik spat met opwindende kanoe-kompetisies, rivierswem as deel van driekamp en hengelkompetisies.
Feesorganiseerder, Carina Erasmus, het gesê geen moeite is gespaar nie om te verseker dat die beste vermaak hierheen kom vir die fees. “Die fees is eiesoortig in die sin dat ons fokus op werklike gesinsvermaak en met die rivier en strand tot ons beskikking kan ons ‘n wye reeks aktiwiteite aanbied wat nie tradisioneel saam by feeste aangebied kan word nie”.
Hoewel die fees op top-vermaak gerig is, het Erasmus gesê daar sal ook groot klem op die omgewing val. “Dis ‘n ‘groen’ fees en ons beoog om die omgewing in ‘n beter toestand te los as wat ons dit gekry het”.
Ten einde hierdie doel te bereik beplan hulle onder meer ‘n grootskaalse strandskoonmaak ten tyde van die fees. BayFM is die trotse radioborg vir die Riviermondsterfees en Jacques Arendt, BayFM se stasiebestuurder het gesê hulle is baie opgewonde. BayFM sal ook regstreeks van die fees af uitsaai. Erasmus het gesê daar is nog ‘n beperkte aantal stalletjies beskikbaar en mense wat meer inligting hieroor wil bekom moet haar so gou moontlik by 082 652 8699 skakel.
Kaartjies vir die fees kos R70 vir volwassenes, R30 vir skoliere en toegang vir kinders onder 6 is gratis. Neweekpakette is ook beskikbaar. Kaartjies is vooraf beskikbaar by die Westway Kafee in Kaapweg.
Vir meer inligting en vir die feesprogram, besoek www.riviermondsterfees.co.za.
Contact Details
| Contact Person: | Carina Erasmus |
| Telephone: | +27(0)826528699 |
| Website: | www.riviermondsterfees.co.za |
Where
| Venue: | Sondagsrivier, Colchester |
| Event Address: | Sondagsrivier, Colchester |















Please wait!